Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde, dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.
Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes. ... ’n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is ’n vriend wat sterker aanhang as ’n broer.
Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog ’n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons ’n verbond met jou sluit: jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE. Toe berei hy vir hulle ’n maaltyd, en hulle het geëet en gedrink. En hulle is die môre vroeg op en het vir mekaar ’n eed gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek.