sê hy: Sulke tyd oor ’n jaar sal jy ’n seun omhels. En sy antwoord: Ag nee, my heer, man van God, moenie vir u dienares lieg nie! En die vrou het swanger geword en ’n seun gebaar op daardie tyd oor ’n jaar, soos Elísa met haar gespreek het.
En ná hierdie dae het Elisabet, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg en gesê: So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem. ... En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook ’n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is.
En Hy het hom die verbond van die besnydenis gegee, en so het hy die vader van Isak geword en hom op die agtste dag besny; en Isak het die vader van Jakob geword, en Jakob van die twaalf aartsvaders.
Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.
Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ’n ewige verbond vir sy nageslag ná hom. ... Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.
En Hy sê: Ek sal oor ’n jaar sekerlik weer na jou toe kom—dan sal jou vrou Sara ’n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was. ... Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor ’n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal ’n seun hê.