Kruisverwysings → Genesis 21:16

en geloop en op ’n afstand gaan sit so ver as ’n boog kan skiet; want sy het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op ’n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.

Ek wil die dood van die kind nie aansien nie

Genesis 44:34
Want hoe kan ek na my vader optrek as die seun nie by my is nie? Mag ek maar net die ellende nie aansien wat my vader sal tref nie!
1 Konings 3:26
Maar die vrou wie se kind die lewendige was, het met die koning gespreek, want haar binneste was ontroerd oor haar seun—sy het gesê: Ag, my heer, gee haar die lewendige kind en maak hom tog nie dood nie!—terwyl die ander een sê: Hy sal nie myne en ook nie joue wees nie; sny deur!
Ester 8:6
Want hoe sou ek kan aansien die onheil wat my volk sal tref? En hoe sou ek kan aansien die ondergang van my geslag?
Jesaja 49:15
Kan ’n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
Sagaría 12:10
Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ’n mens rouklaag oor ’n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ’n mens bitterlik ween oor ’n eersgebore kind.
Lukas 15:20
En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.

haar stem verhef

Genesis 27:38
Daarop het Esau aan sy vader gevra: Het u net een seën, my vader? Seën mý ook, my vader! En Esau het sy stem verhef en geween.
Genesis 29:11
En Jakob het Ragel gesoen en sy stem verhef en geween.
Rigters 2:4
En terwyl die Engel van die HERE met hierdie woorde al die kinders van Israel toespreek, het die volk hulle stem verhef en geween;
Rut 1:9
Mag die HERE gee dat julle ’n rusplek vind, elkeen in die huis van haar man; en sy het hulle gesoen. Maar hulle het hul stem verhef en geween
1 Samuel 24:17
Toe Dawid hierdie woorde ten einde toe tot Saul gespreek het, sê Saul: Is dit jou stem, my seun Dawid? En Saul het sy stem verhef en geween
1 Samuel 30:4
Daarop het Dawid en die manskappe wat by hom was, hulle stem verhef en geween totdat daar geen krag meer in hulle was om te ween nie.