Kruisverwysings → Genesis 21:15

En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp

water in die sak

Genesis 21:14
Toe is Abraham die môre vroeg op, en hy het brood en ’n sak met water geneem en dit aan Hagar gegee deur dit op haar skouer te sit, en ook die kind, en haar weggestuur. Sy het toe weggegaan en rondgedwaal in die woestyn van Berséba.
Eksodus 15:22-25
DAAROP het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie. En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara. Toe murmureer die volk teen Moses en sê: Wat moet ons drink? En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom ’n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle ’n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef
Eksodus 17:1-3
DAAROP het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie. Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die HERE? Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?
2 Konings 3:9
So het die koning van Israel dan getrek en die koning van Juda en die koning van Edom; maar nadat hulle ’n pad van sewe dae omgetrek het, was daar geen water vir die leër en die vee wat in hulle voetspore gevolg het nie.
Psalms 63:1-2
’N PSALM van Dawid, toe hy in die woestyn van Juda was. o God, U is my God, U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U, in ’n dor en uitgedroogde land, sonder water.
Jesaja 44:12
Die ystersmid het ’n byl en werk in die gloed; en hy maak hom met hamers en bewerk hom met sy sterk arm; daarby word hy honger en het geen krag nie; drink hy geen water nie, dan word hy moeg.
Jeremia 14:3
En die vernames onder hulle stuur hulle ondergeskiktes na die water; hulle kom by die bakke, hulle kry geen water nie; leeg kom hulle kanne terug; hulle het beskaamd gestaan en in die skande gekom en bedek hulle hoof.