Kruisverwysings → Genesis 20:5

Het hy my nie self gesê nie: Sy is my suster? En sy het self ook gesê: Hy is my broer. In die onskuld van my hart en in die reinheid van my hande het ek dit gedoen.

onskuld van my hart

Josua 22:22
Die God van die gode, die HERE, die God van die gode, die HERE, Hy weet dit; en ook Israel mag dit weet: As dit deur opstandigheid of deur troubreuk teen die HERE is—verlos ons nie vandag nie, HERE! —
1 Konings 9:4
En wat jou betref, as jy wandel voor my aangesig soos jou vader Dawid gewandel het, met ’n volkome hart en in opregtheid deur te doen net soos Ek jou beveel het, en my insettinge en verordeninge onderhou,
2 Konings 20:3
Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met ’n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween.
1 Kronieke 29:17
En ek weet, my God, dat U die hart toets en behae het in opregtheid; ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee; en nou het ek met blydskap gesien hoe u volk, hier aanwesig, vrywillig aan U gegee het.
Psalms 7:9
Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.
Psalms 25:21
Tau. Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.
Psalms 78:72
En hy het hulle opgepas na die opregtheid van sy hart en hulle gelei met die verstandige oorleg van sy hande.
Spreuke 11:3
Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle ’n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.
Spreuke 20:7
Wie in sy regskapenheid wandel as ’n regverdige—gelukkig is sy kinders ná hom.
2 Korinthiërs 1:12
WANT ons roem is dit: die getuienis van ons gewete dat ons in eenvoudigheid en reinheid van God, nie in vleeslike wysheid nie, maar in die genade van God in die wêreld verkeer het, en veral by julle.
1 Thessalonisense 2:10
Julle is getuies, en God, hoe heilig en regverdig en onberispelik ons ons gedra het teenoor julle wat glo,
1 Timótheüs 1:13
my wat vroeër ’n lasteraar en ’n vervolger en ’n geweldenaar was. Maar aan my is barmhartigheid bewys, omdat ek dit onwetend gedoen het in ongeloof.

reinheid van my hande

Job 33:9
Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.
Psalms 24:4
Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie.
Psalms 26:6
Ek was my hande in onskuld en wil gaan rondom u altaar, o HERE,
Psalms 73:13
Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.
Daniël 6:23
My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie.