Kruisverwysings → Genesis 20:2

En Abraham het van Sara, sy vrou, gesê: Sy is my suster. Toe laat Abiméleg, die koning van Gerar, Sara haal.

gesê: Sy is my suster

Genesis 12:11-13
En toe hy op die punt staan om Egipte in te trek, het hy met sy vrou Sarai gespreek: Kyk, ek weet dat jy ’n vrou is mooi van aansien. As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou—en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe. Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek om jou ontwil in die lewe kan bly.
Genesis 26:7
En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou—anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien.
2 Kronieke 19:2
het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet ’n mens die goddelose help, en het u lief die wat die HERE haat? Daarom kom daar nou ’n toorn op u van die HERE.
2 Kronieke 20:37
Maar Eliëser, die seun van Dódawa, uit Marésa, het teen Jósafat geprofeteer en gesê: Omdat u ’n bondgenootskap met Ahásia aangegaan het, verbreek die HERE u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie.
2 Kronieke 32:31
So ook in die geval van die gesante van die vorste van Babel—wat na hom gestuur het om ondersoek te doen na die wonderteken wat in die land gebeur het—het God hom net verlaat om hom op die proef te stel, om te weet alles wat in sy hart was.
Spreuke 24:16
Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
Prediker 7:20
want daar is geen regverdige mens op die aarde wat goed doen sonder om te sondig nie.
Galásiërs 2:11-12
Maar toe Petrus in Antiochíë gekom het, het ek hom openlik teëgestaan, omdat hy veroordeeld gestaan het. Want voordat sommige van Jakobus af gekom het, was hy gewoond om saam met die heidene te eet; maar ná hulle koms het hy hom teruggetrek en hom eenkant gehou uit vrees vir die wat uit die besnydenis is.
Efésiërs 4:25
Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.
Kolossense 3:9
Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het

Abiméleg

Genesis 12:15
Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem.
Genesis 26:1,16
EN daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar. ... Toe sê Abiméleg vir Isak: Trek weg van ons, want jy het vir ons veels te magtig geword.