Kruisverwysings → Genesis 20:15

En Abiméleg sê: Daar lê my land voor jou oop; woon waar dit goed is in jou oë.

my land

Genesis 13:9
Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.
Genesis 34:10
Bly maar by ons woon, en die land sal voor julle oop lê; woon en trek rond daarin en verwerf vaste besittings daarin.
Genesis 47:6
Egipteland lê voor jou oop; laat jou vader en jou broers in die beste deel van die land woon; hulle kan in die land Gosen woon. En as jy weet dat daar onder hulle bekwame manne is, stel hulle dan aan as veeopsigters oor my eiendom.