CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 20:13

En toe God my uit die huis van my vader laat omswerf het, het ek aan haar gesê: Dit is die guns wat jy van jou kant aan my moet bewys—op elke plek waar ons kom, moet jy van my sê: Hy is my broer.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 20:13 in konteks →

God

  1. Genesis 12:1,9,11-20

    1EN die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. … 9Daarna het Abram al verder na die Suidland weggetrek. … 11En toe hy op die punt staan om Egipte in te trek, het hy met sy vrou Sarai gespreek: Kyk, ek weet dat jy ’n vrou is mooi van aansien. 12As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou—en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe. 13Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek om jou ontwil in die lewe kan bly. 14Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was. 15Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem. 16En hy het goed gedoen aan Abram om haar ontwil, sodat hy kleinvee en beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in besit gekry het. 17Maar die HERE het Farao en sy huis met groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram. 18Daarop laat Farao Abram roep en hy sê: Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is nie? 19Waarom het jy gesê: Sy is my suster—sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Daar is jou vrou dan nou; neem haar en gaan weg. 20En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting.

  2. Handelinge 7:3-5

    3en vir hom gesê: Trek uit jou land en uit jou familie, en kom na die land wat Ek jou sal wys. 4Toe het hy getrek uit die land van die Chaldéërs en in Haran gaan woon; en ná die dood van sy vader het Hy hom daarvandaan laat verhuis na hierdie land waarin julle nou woon. 5En Hy het hom geen erfdeel daarin gegee nie, selfs nie ’n voetbreed nie, maar Hy het belowe om dit aan hom en sy nageslag ná hom as eiendom te gee, toe hy nog geen kind gehad het nie.

  3. Hebreërs 11:8

    8Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ’n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom.

guns wat jy

  1. 1 Samuel 23:21

    21En Saul sê: Mag julle geseënd wees deur die HERE, omdat julle medelyde met my gehad het.

  2. Psalms 64:6

    6’n Listige plan stel hulle vir hul vas; hulle spreek af om strikke te span; hulle sê: Wie sal dit sien?

  3. Handelinge 5:9

    9En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.

sê: Hy is my broer

  1. Genesis 12:13

    13Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek om jou ontwil in die lewe kan bly.