Kruisverwysings → Genesis 20:11

En Abraham antwoord: Ek het gedink daar is regtig geen vrees vir God in hierdie plek nie, sodat hulle my oor my vrou sal doodmaak.

vrees vir God

Genesis 22:12
En Hy sê: Moenie jou hand na die seun uitsteek nie, en doen hom niks nie; want nou weet Ek dat jy God vrees en jou seun, jou enigste, van My nie teruggehou het nie.
Genesis 42:18
En op die derde dag sê Josef vir hulle: Doen dit, dan sal julle lewe; ek vrees God!
Nehemia 5:15
terwyl die vorige goewerneurs wat voor my was, die volk swaar belas het en van hulle brood en wyn geneem het, daarna veertig sikkels silwer. Hulle mense het ook heerskappy gevoer oor die volk; maar so het ek uit vrees vir God nie gedoen nie.
Job 1:1
DAAR was ’n man in die land Us wie se naam was Job; en dié man was vroom en opreg en godvresend en een wat afgewyk het van die kwaad.
Job 28:28
Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die Here is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.
Psalms 14:4
Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie.
Psalms 36:1-5
VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE. In die binneste van my hart sê die oortreding aangaande die goddelose: Daar is geen vrees van God voor sy oë nie. Want dit vlei hom in sy oë in verband met die uitvind en haat van sy skuld. Die woorde van sy mond is onreg en bedrog; hy laat ná om verstandig te wees, om goed te doen. Hy bedink onreg op sy bed; hy gaan staan op ’n weg wat nie goed is nie; wat sleg is, verfoei hy nie.
Spreuke 1:7
DIE vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug.
Spreuke 2:5
dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind
Spreuke 8:13
Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ’n slegte wandel en ’n huigelagtige mond haat ek.
Spreuke 16:6
Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk ’n mens af van die kwaad.
Romeine 3:18
Daar is geen vrees van God voor hulle oë nie.

doodmaak

Genesis 12:12
As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou—en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe.
Genesis 26:7
En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, antwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou—anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien doodmaak ter wille van Rebekka; want sy was mooi van aansien.