Kruisverwysings → Genesis 2:7

En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ’n lewende siel geword.

die mens geformeer

Psalms 100:3
Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.
Psalms 139:14-15
Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed. My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
Jesaja 64:8
Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.

stof van die aarde

Genesis 3:19,23
In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. ... Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
Job 4:19
Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos ’n mot.
Job 33:6
Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp.
Psalms 103:14
Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.
Prediker 3:7,20
’n tyd om te skeur en ’n tyd om aanmekaar te werk, ’n tyd om te swyg en ’n tyd om te spreek, ... Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug.
Prediker 12:7
en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het.
Jesaja 64:8
Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.
Romeine 9:20
Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?
1 Korinthiërs 15:47
Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel.
2 Korinthiërs 4:7
Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
2 Korinthiërs 5:1
WANT ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons ’n gebou het van God, ’n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele.

die asem van die lewe geblaas

Job 27:3
want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus —
Job 33:4
Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend.
Johannes 20:22
En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees.
Handelinge 17:25
Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.

in sy neus

Genesis 7:22
Alles wat die asem van die lewensgees in sy neusgate gehad het, alles wat op die droë grond was, het doodgegaan.
Prediker 3:21
Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde?
Jesaja 2:22
Laat staan tog die mens wie se asem in sy neus is; want hoe min is hy werd!

’n lewende siel

Númeri 16:22
Maar hulle het op hul aangesig geval en gesê: o God, God van die geeste van alle vlees! Sal een man sondig en U op die hele vergadering toornig word?
Númeri 27:16
Laat die HERE, die God van die geeste van alle vlees, ’n man oor die vergadering aanstel
Spreuke 20:27
Die gees van die mens is ’n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.
Sagaría 12:1
GODSPRAAK. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer:
1 Korinthiërs 15:45
So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ’n lewende siel geword; die laaste Adam ’n lewendmakende Gees.
Hebreërs 12:9
Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?