Kruisverwysings → Genesis 2:5

was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.

struike

Genesis 1:12
Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
Psalms 104:14
Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,

het nog nie laat reën

Job 5:10
wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;
Job 38:26-28
om te laat reën op ’n land waar geen mens is nie, op ’n woestyn waar niemand woon nie; om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit? Het die reën ’n vader? Of wie verwek die doudruppels?
Psalms 65:10-12
U het die land besoek en oorvloed gegee; U verryk dit grootliks; die stroom van God is vol water. U berei hulle koring; ja, so berei U die land. U maak sy vore nat, sy kluite gelyk; deur reënbuie maak U dit week; U seën sy uitspruitsel. U kroon die jaar van u goedheid, en u voetspore drup van vettigheid.
Psalms 135:7
Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan;
Jeremia 14:22
Is daar onder die nietige afgode van die nasies wat reën kan maak? Of kan die hemel reënbuie gee? Is U dit nie, o HERE onse God? En ons wag op U, want Ú doen al hierdie dinge.
Mattheüs 5:45
sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.
Hebreërs 6:7
Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God.

te bewerk

Genesis 3:23
Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is.
Genesis 4:2,12
Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel het ’n skaapherder geword, en Kain ’n landbouer. ... As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; ’n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde.