CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 2:4

DIT is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 2:4 in konteks →

die geskiedenis

  1. Genesis 1:4

    4Toe sien God dat die lig goed was. En God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis;

  2. Genesis 5:1

    1DIT is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.

  3. Genesis 10:1

    1EN dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet—vir hulle is daar seuns gebore ná die vloed.

  4. Genesis 11:10

    10DIT is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpagsad geword, twee jaar ná die vloed.

  5. Genesis 25:12,19

    12En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het— … 19EN dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak.

  6. Genesis 36:1,9

    1EN dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom. … 9Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr.

  7. Eksodus 6:15

    15En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd-sewen-en-dertig jaar.

  8. Job 38:28

    28Het die reën ’n vader? Of wie verwek die doudruppels?

  9. Psalms 90:1-2

    1’N GEBED van Moses, die man van God. Here, Ú was vir ons ’n toevlug van geslag tot geslag. 2Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.

HERE

  1. Eksodus 15:3

    3Die HERE is ’n krygsman; HERE is sy naam.

  2. 1 Konings 18:39

    39En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is God, die HERE, Hy is God!

  3. 2 Kronieke 20:6

    6en hy sê: HERE, God van ons vaders, is Ú nie God in die hemel nie, en is Ú nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie.

  4. Psalms 18:32

    32Want wie is God buiten die HERE, en wie is ’n rots behalwe onse God?

  5. Psalms 86:10

    10want U is groot en doen wonders, U alleen is God.

  6. Jesaja 44:6

    6SO sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.

  7. Openbaring 1:4,8

    4JOHANNES aan die sewe gemeentes in Asië: Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor sy troon is, … 8Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

  8. Openbaring 11:17

    17en gesê: Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het.

  9. Openbaring 16:5

    5En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;