Kruisverwysings → Genesis 2:21

Toe het die HERE God ’n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.

diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem

Genesis 15:12
En toe die son wou ondergaan, val daar ’n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.
1 Samuel 26:12
Toe neem Dawid die spies en die waterkruik van Saul se koppenent weg, en hulle het heengegaan sonder dat iemand dit sien of merk of wakker word; want hulle was almal aan die slaap, omdat ’n diepe slaap van die HERE op hulle geval het.
Job 4:13
by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.
Job 33:15
In die droom, in ’n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,
Spreuke 19:15
Luiheid laat in ’n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.
Daniël 8:18
En terwyl hy met my spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en my op my staanplek opgerig