Kruisverwysings → Genesis 2:16

En die HERE God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet,

God

1 Samuel 15:22
Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.

mag jy vry eet

Genesis 2:9
En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.
Genesis 3:1-2
MAAR die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
1 Timótheüs 4:4
Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie;
1 Timótheüs 6:17
Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;