Kruisverwysings → Genesis 2:12

En die goud van dié land is goed. Daar is ook balsemgom en onikssteen.

balsemgom

Númeri 11:7
Die manna was soos koljandersaad, en dit het gelyk na balsemgom.

onikssteen

Eksodus 28:20
En die vierde ry: ’n chrisoliet en ’n oniks en ’n sardoniks. Hulle moet in goud vasgesit wees by hulle invulling.
Eksodus 39:13
En die vierde ry: ’n chrisoliet, ’n oniks en ’n sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling.
Job 28:16
Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.
Esegiël 28:13
Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.