Kruisverwysings → Genesis 2:11

Die naam van die eerste is die Pison. Dit is hy wat om die hele land Háwila loop waar die goud is.

Háwila

Genesis 10:7,29
En die seuns van Kus was: Seba en Háwila en Sabta en Raéma en Sábtega. En die seuns van Raéma: Skeba en Dedan. ... en Ofir en Háwila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.
Genesis 25:18
En hulle het gewoon van Háwila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.
1 Samuel 15:7
En Saul het die Amalekiete verslaan van Hawíla af in die rigting van Sur wat oos van Egipte lê.