Kruisverwysings → Genesis 19:35

Hulle gee toe dié nag weer aan hulle vader wyn om te drink, en die jongste het opgestaan en met hom gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.

gemeenskap gehad

Psalms 8:5
wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
Spreuke 24:16
Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
Prediker 7:26
En ek het iets uitgevind bitterder as die dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat goed is voor die aangesig van God, sal van haar vryraak, maar die sondaar word deur haar gevang.
Lukas 21:34
MAAR pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.
1 Korinthiërs 10:11-12
Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ’n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het. Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
1 Petrus 4:7
En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.