Hulle gee toe dié nag aan hulle vader wyn om te drink, en die oudste het gekom en met haar vader gemeenskap gehad sonder dat hy dit gewaar het toe sy gaan lê en toe sy opstaan.
Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE. Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder—jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.
By wie is „Ag!”; by wie is „Wee my!”; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë? By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe. Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie: op die end byt dit soos ’n slang en spuug gif uit soos ’n basilisk. Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek; en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê. Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie! Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek.
Wee hom wat aan sy naaste drank gee, wat jou gif daarmee meng, en hulle ook dronk maak om hulle naaktheid te aanskou. Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer—drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die HERE omgaan, en skande tref jou eer.