Kruisverwysings → Genesis 19:31

En die oudste het aan die jongste gesê: Ons vader is oud, en daar is geen man in die land om, na die reël van die ganse aarde, by ons in te gaan nie.

geen man

Genesis 19:28
Toe hy uitkyk oor Sodom en Gomorra en oor die hele land van die Jordaanstreek, sien hy dat die rook van die land optrek soos die rook van ’n smeltoond.
Markus 9:6
Want hy het nie geweet wat om te sê nie, want hulle was heeltemal verskrik.

in te gaan

Genesis 4:1
EN die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het ’n man verkry met die hulp van die HERE.
Genesis 6:4
In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.
Genesis 16:2,4
En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister. ... En hy het by Hagar ingegaan, en sy het swanger geword. Maar toe sy sien dat sy swanger was, het haar meesteres veragtelik in haar oë geword.
Genesis 38:8-9,14-30
Toe sê Juda vir Onan: Gaan in by die vrou van jou broer en sluit die swaershuwelik met haar en verwek vir jou broer ’n nageslag. Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie. ... Toe trek sy die klere van haar weduweeskap uit en bedek haar met ’n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang van Enaim wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela groot geword het, maar sy was aan hom nie as vrou gegee nie. Toe Juda haar sien, het hy haar vir ’n hoer gehou, omdat sy haar gesig toegebind het; en hy het na haar uitgedraai by die pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie. En sy vra: Wat sal jy my gee as jy by my ingaan? En hy antwoord: Ek sal jou ’n boklam van die kleinvee af stuur. Toe sê sy: As jy ’n pand gee totdat jy dit stuur. En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword. En sy het opgestaan en weggegaan en haar sluier afgehaal en die klere van haar weduweeskap aangetrek. En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan haal. Maar hy het haar nie gevind nie. Toe vra hy die mense van haar woonplek: Waar is daardie hoer wat in Enaim by die pad was? En hulle antwoord: Hier was geen hoer nie. Daarop gaan hy na Juda terug met die berig: Ek het haar nie gevind nie. En die mense van die plek het ook gesê: Hier was geen hoer nie. Toe sê Juda: Laat sy dit hou, dat ons nie ’n bespotting word nie. Kyk, ek het hierdie boklam gestuur, maar jy het haar nie gevind nie. Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: Bring haar uit, dat sy verbrand kan word. Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort. En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie. En toe sy sou baar, was daar ’n tweeling in haar skoot. En terwyl sy baar, het een die hand uitgesteek; en die vroedvrou het dit gegryp en ’n rooi draad om sy hand gebind en gesê: Hierdie een is eerste gebore. Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem. En daarna is sy broer gebore aan wie se hand die rooi draad was. En hulle het hom Serag genoem.
Deuteronómium 25:5
AS broers bymekaar woon en een van hulle sterwe sonder dat hy ’n seun het, dan mag die vrou van die oorledene nie daarbuite ’n vreemde man s’n word nie; haar swaer moet by haar ingaan en haar as sy vrou neem en die swaershuwelik met haar sluit;
Jesaja 4:1
EN in dié dag sal sewe vroue een man aangryp en sê: Ons eie brood sal ons eet en ons eie kleed aantrek; laat net jou naam oor ons genoem word, neem ons smaadheid weg.