Kruisverwysings → Genesis 19:29

En onderwyl God die stede van die Jordaanstreek verwoes, het God aan Abraham gedink en Lot uitgelei uit die omkering toe Hy die stede omgekeer het waar Lot woonagtig was.

aan Abraham gedink

Genesis 8:1
EN God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het ’n wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.
Genesis 12:2
En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees.
Genesis 18:23-33
En Abraham het nader gekom en gesê: Sal U ook die regverdige saam met die goddelose ombring? Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie? Laat dit ver van U wees om so iets te doen: om die regverdige saam met die goddelose om te bring, sodat die regverdige gelyk is met die goddelose. Laat dit ver van U wees! Sal die Regter van die ganse aarde geen reg doen nie? Toe sê die HERE: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil. En Abraham antwoord en sê: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek alhoewel ek stof en as is. Miskien sal daar aan die vyftig regverdiges vyf ontbreek; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes? En Hy antwoord: Ek sal dit nie verwoes as Ek daar vyf-en-veertig vind nie. En hy het nog verder met Hom gespreek en gesê: Miskien sal daar veertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die veertig nie doen nie. Verder sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie. Toe sê hy: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek. Miskien sal daar twintig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die twintig nie verwoes nie. Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie, en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie. En die HERE het weggegaan toe Hy opgehou het om met Abraham te spreek, en Abraham het na sy woonplek teruggekeer.
Genesis 30:22
En God het aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en haar skoot geopen:
Deuteronómium 9:5
Nie ter wille van jou geregtigheid en die opregtheid van jou hart kom jy in om hulle land in besit te neem nie, maar weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit, en om die woord te vervul wat die HERE vir jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, gesweer het.
Nehemia 13:14,22
Dink hierom aan my, my God, en delg tog my liefdediens nie uit wat ek aan die huis van my God en aan die instellinge daarvan bewys het nie. ... Verder het ek aan die Leviete gesê dat hulle hul moes reinig en kom as poortwagters om die sabbatdag te heilig. Dink ook hierom aan my, my God, en ontferm U oor my na die grootheid van u goedertierenheid.
Psalms 25:7
Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!
Psalms 105:8,42
Hy dink vir ewig aan sy verbond, aan die woord wat Hy ingestel het vir duisend geslagte — ... Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg.
Psalms 106:4
Dink aan my, o HERE, na die welbehae in u volk, besoek my met u heil,
Psalms 136:23
Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
Psalms 145:20
Sjin. Die HERE bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose.
Esegiël 36:31-32
Dan sal julle dink aan jul verkeerde weë en aan jul handelinge wat nie goed was nie; en julle sal vir julleself walglik wees oor jul ongeregtighede en oor jul gruwels. Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek die Here HERE; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel.
Hoséa 11:8
Hoe kan Ek jou oorgee, o Efraim, jou prysgee, o Israel? Hoe kan Ek jou maak soos Adma, jou gelykstel met Seboïm: my hart is omgekeer in My, tegelykertyd is my medelyde opgewek.