Kruisverwysings → Genesis 19:26

En sy vrou het agter hom omgekyk, en sy het ’n soutpilaar geword.

omgekyk

Genesis 19:17
En toe hulle hulle na buite uitgelei het, sê Hy: Vlug vir jou lewe! Moenie omkyk nie, en moenie êrens in die Jordaanstreek bly staan nie. Vlug na die gebergte, dat jy nie omkom nie!
Spreuke 14:14
Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.
Lukas 17:31-32
In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie. Dink aan die vrou van Lot!
Hebreërs 10:38
Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.

soutpilaar geword

Númeri 16:38
naamlik die vuurpanne van die wat gesondig het ten koste van hulle lewe; en daarvan moet dun plate geslaan word as ’n oortreksel vir die altaar. Want hulle het dié voor die aangesig van die HERE gebring—daarom is hulle heilig; en hulle sal vir die kinders van Israel ’n teken wees.