Maar hy het baie by hulle aangehou, sodat hulle na hom uitgedraai en in sy huis gekom het. En hy het vir hulle ’n maaltyd berei en ongesuurde koeke gebak, en hulle het geëet.
Manóag sê aan die Engel van die HERE: Laat ons U tog ophou, dat ons ’n bokkie vir U kan berei. En die Engel van die HERE antwoord Manóag: Al hou jy My op, Ek sal nie van jou brood eet nie; maar as jy ’n brandoffer wil berei, offer dit dan aan die HERE. Want Manóag het nie geweet dat dit die Engel van die HERE was nie.
Vervloek is ook die bedrieër wat, terwyl daar onder sy kleinvee ’n manlike dier is, ’n gelofte doen en tog iets wat vermink is, aan die HERE offer; want Ek is ’n groot Koning, sê die HERE van die leërskare, en my Naam is gedug onder die heidene.
Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof.
En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. ... Dié sê toe vir hom: U broer het gekom, en u vader het die vetgemaakte kalf geslag, omdat hy hom gesond teruggekry het. ... Maar toe hierdie seun van u kom, wat u goed met hoere deurgebring het, het u vir hom die vetgemaakte kalf geslag.