Kruisverwysings → Genesis 18:6

Toe loop Abraham haastig in die tent na Sara en sê: Maak gou, knie drie mate meel, die beste, en maak roosterkoeke.

drie mate meel

Jesaja 32:8
Maar die edele beraam edele dade, en hý hou stand in wat edel is.
Mattheüs 13:33
’n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ’n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is.
Lukas 10:38-40
EN op hulle reis het Hy in ’n sekere dorp gekom, en ’n vrou met die naam van Martha het Hom in haar huis ontvang. En sy het ’n suster gehad met die naam van Maria; dié het aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister. Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.
Handelinge 16:15
En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing.
Romeine 12:13
Maak voorsiening in die behoeftes van die heiliges; streef na gasvryheid;
Galásiërs 5:13
Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.
Hebreërs 13:2
Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.
1 Petrus 4:9
Wees gasvry jeens mekaar sonder om te murmureer.