Kruisverwysings → Genesis 18:26

Toe sê die HERE: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil.

die hele plek spaar om hulle ontwil

Jesaja 6:13
En as nog ’n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting; maar soos by die terpentynboom en die eikeboom—as hulle omgekap word—’n stomp oorbly, so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees.
Jesaja 10:22
Want al was jou volk, o Israel, soos die sand van die see, net ’n oorblyfsel van hulle sal terugkom; die verdelging is vas besluit en vloei oor van geregtigheid.
Jesaja 19:24
In dié dag sal Israel die derde wees naas Egipte en Assirië, ’n seën in die midde van die aarde,
Jesaja 65:8
So spreek die HERE: Soos wanneer iemand mos vind in ’n tros druiwe en sê: Verniel dit nie, want daar is ’n seën in—sal Ek doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie.
Jeremia 5:1
SWERF rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is wat reg doen, wat waarheid soek—dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.
Esegiël 22:30
En Ek het onder hulle ’n man gesoek wat ’n muur kan bou en voor my aangesig in die bres kan staan vir die land, sodat Ek dit nie sou verwoes nie; maar Ek het niemand gevind nie.
Mattheüs 24:22
En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.