Kruisverwysings → Genesis 18:16

Toe staan die manne daarvandaan op, en hulle het gekyk na die kant van Sodom; en Abraham het saam met hulle gegaan om hulle weg te bring.

om hulle weg te bring

Handelinge 15:3
En hulle is deur die gemeente uitgelei en het Fenícië en Samaría deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf.
Handelinge 20:38
veral bedroef oor die woord wat hy gesê het, dat hulle sy aangesig nie meer sou sien nie. En hulle het hom na die skip begelei.
Handelinge 21:5
Maar toe ons die dae uitgebly het, het ons vertrek en op reis gegaan, terwyl almal, met vroue en kinders, ons tot buitekant die stad begelei; en ons het op die strand neergekniel en gebid.
Romeine 15:24
sal ek na julle kom wanneer ek na Spanje reis; want ek hoop om julle op my deurreis te sien en deur julle daarheen voortgehelp te word, as ek eers ’n tyd lank van julle geniet het.
3 Johannes 1:6
wat van jou liefde voor die gemeente getuig het. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op ’n voor God waardige wyse.