CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 18:15

Maar Sara het dit ontken en gesê: Ek het nie gelag nie—want sy was bang. Maar Hy sê: Nee, maar jy het gelag.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 18:15 in konteks →

het dit ontken

  1. Genesis 4:9

    9Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?

  2. Genesis 12:13

    13Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek om jou ontwil in die lewe kan bly.

  3. Job 2:10

    10Maar hy antwoord haar: Soos ’n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

  4. Spreuke 28:13

    13Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.

  5. Johannes 18:17,25-27

    17Toe sê die diensmeisie, die deurwagster, vir Petrus: Jy is tog nie ook een van die dissipels van hierdie mens nie? Hy sê: Ek is nie. … 25En Simon Petrus het hom staan en warm maak. En hulle sê vir hom: Jy is tog nie ook een van sy dissipels nie? Toe ontken hy dit en sê: Ek is nie. 26Een van die hoëpriester se diensknegte wat familie was van die man wie se oor Petrus afgekap het, sê: Het ek jou nie in die tuin by Hom gesien nie? 27En Petrus het dit weer ontken; en dadelik het die haan gekraai.

  6. Efésiërs 4:23

    23en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed

  7. Kolossense 3:9

    9Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het

  8. 1 Johannes 1:8

    8AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.

Nee, maar jy het gelag

  1. Psalms 44:22

    22sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.

  2. Spreuke 12:19

    19’n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar ’n valse tong vir ’n oomblik.

  3. Markus 2:8

    8En Jesus het dadelik in sy gees geweet dat hulle by hulleself so redeneer, en Hy sê vir hulle: Wat redeneer julle oor hierdie dinge in jul harte?

  4. Johannes 2:25

    25en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.

  5. Romeine 3:19

    19Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees;