Kruisverwysings → Genesis 18:14

Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor ’n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal ’n seun hê.

iets vir die HERE te wonderbaar

Númeri 11:23
Maar die HERE sê vir Moses: Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.
Deuteronómium 7:21
Skrik nie vir hulle nie, want die HERE jou God is by jou, ’n groot en gedugte God.
1 Samuel 14:6
Jónatan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die HERE vir ons optree, want by die HERE is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.
2 Konings 7:1-2
TOE sê Elísa: Hoor die woord van die HERE! So spreek die HERE: Môre omtrent sulke tyd sal ’n maat fynmeel ’n sikkel, en twee mate gars ’n sikkel kos in die poort van Samaría. Maar die adjudant op wie se arm die koning geleun het, antwoord die man van God en sê: Al maak die HERE ook vensters in die hemel, sou dit kan gebeur? En hy sê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie.
Job 36:5
Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie—geweldig deur krag van verstand.
Job 42:2
Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.
Psalms 93:1
DIE HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
Psalms 95:3
Want die HERE is ’n grote God, ja, ’n groot Koning bo al die gode.
Jeremia 32:17
Ag, Here HERE, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.
Miga 7:18
Wie is ’n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ’n welbehae in goedertierenheid.
Sagaría 8:6
So sê die HERE van die leërskare: As dit te wonderbaar is in die oë van die oorblyfsel van hierdie volk in dié dae, sal dit ook in my oë te wonderbaar wees? spreek die HERE van die leërskare.
Mattheüs 3:9
En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.
Mattheüs 14:31
En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?
Mattheüs 19:26
Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
Markus 10:27
Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.
Lukas 1:13,37
Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Johannes noem. ... Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.
Lukas 8:50
Maar toe Jesus dit hoor, antwoord Hy hom en sê: Moenie vrees nie. Glo net, en sy sal gered word.
Efésiërs 3:20
En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,
Filippense 3:21
wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.
Filippense 4:13
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Hebreërs 11:19
daaruit het hy hom ook, om so te spreek, terug ontvang.

sal Ek na jou terugkom

Genesis 18:10
En Hy sê: Ek sal oor ’n jaar sekerlik weer na jou toe kom—dan sal jou vrou Sara ’n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was.
Genesis 17:21
Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.
Deuteronómium 30:3
dan sal die HERE jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die HERE jou God jou verstrooi het.
2 Konings 4:16
sê hy: Sulke tyd oor ’n jaar sal jy ’n seun omhels. En sy antwoord: Ag nee, my heer, man van God, moenie vir u dienares lieg nie!
Psalms 90:13
Keer terug, HERE! Tot hoe lank? En ontferm U oor u knegte.
Miga 7:18
Wie is ’n God soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ’n welbehae in goedertierenheid.
Lukas 1:13,18
Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Johannes noem. ... Toe sê Sagaría vir die engel: Waaraan sal ek dit weet? Want ek is ’n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd.