Kruisverwysings → Genesis 17:6

En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.

nasies

Genesis 17:4,20
Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ’n menigte van nasies word. ... Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ’n groot nasie maak.
Genesis 35:11
Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. ’n Nasie, ja, ’n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom.

konings

Genesis 17:16
En Ek sal haar seën en jou uit haar ook ’n seun gee; ja, Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings van volke sal uit haar voortkom.
Genesis 36:31-43
En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar ’n koning geregeer het oor die kinders van Israel: Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába. En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer. En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer. En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit. En ná die dood van Hadad het Samla van Másreka in sy plek geregeer. En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot, aan die rivier, in sy plek geregeer. En ná die dood van Saul het Baäl-Hanan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer. En ná die dood van Baäl-Hanan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab. Dit is die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle geslagte, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet, die stamhoof Oholibáma, die stamhoof Ela, die stamhoof Pinon, die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die stamhoof Mibsar, die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.
Esra 4:20
En magtige konings was daar oor Jerusalem wat geheers het oor die hele gebied wes van die Eufraat, en belasting, opbrings en tol is aan hulle gegee.
Mattheüs 1:6-17
en Isai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van Salomo by die vrou van Uría, en Salomo die vader van Rehábeam, en Rehábeam die vader van Abía, en Abía die vader van Asa, en Asa die vader van Jósafat, en Jósafat die vader van Joram, en Joram die vader van Ussía, en Ussía die vader van Jotam, en Jotam die vader van Agas, en Agas die vader van Hiskía, en Hiskía die vader van Manasse, en Manasse die vader van Amon, en Amon die vader van Josía, en Josía die vader van Jegónia en sy broers in die tyd van die Babiloniese ballingskap. En ná die Babiloniese ballingskap het Jegónia die vader geword van Seáltiël, en Seáltiël was die vader van Serubbábel, en Serubbábel die vader van Abíud, en Abíud die vader van Éljakim, en Éljakim die vader van Asor, en Asor die vader van Sadok, en Sadok die vader van Agim, en Agim die vader van Elíud, en Elíud die vader van Eleásar, en Eleásar die vader van Mattan, en Mattan die vader van Jakob, en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word. Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.