vader van ’n menigte van nasies
- Genesis 12:2
2En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees.
- Genesis 13:16
16En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.
- Genesis 16:10
10Verder sê die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.
- Genesis 22:17
17dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.
- Genesis 25:1-18
1EN Abraham het weer ’n vrou geneem met die naam van Ketúra. 2En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag gebaar. 3En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Leümmiete. 4En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Eldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra. 5En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het, 6maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland. 7En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd-vyf-en-sewentig jaar. 8Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel. 9En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpéla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê, 10die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara. 11Ná die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Roï. 12En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het— 13dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, Nébajot; dan Kedar en Adbeël en Mibsam 14en Misma en Duma en Massa, 15Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma. 16Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme. 17En dit is die lewensjare van Ismael: honderd-sewen-en-dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote. 18En hulle het gewoon van Háwila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.
- Genesis 32:12
12U het tog self gesê: Ek sal sekerlik aan jou goed doen en jou nageslag maak soos die sand van die see wat vanweë die menigte nie getel kan word nie.
- Genesis 35:11
11Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. ’n Nasie, ja, ’n menigte van nasies, sal van jou afstam, en konings sal uit jou lendene voortkom.
- Genesis 36:1-43
1EN dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom. 2Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die Hewiet; 3en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot. 4En Ada het vir Esau gebaar Élifas, en Basmat het gebaar Réhuel. 5En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän. 6Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na ’n land, wég van sy broer Jakob af; 7want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie. 8En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom. 9Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr. 10Dit is die name van die seuns van Esau: Élifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; Réhuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau. 11En die seuns van Élifas was: Teman, Omar, Sefo en Gáetam en Kenas. 12En Timna was ’n byvrou van Élifas, die seun van Esau; en sy het vir Élifas gebaar Ámalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau. 13En dit is die seuns van Réhuel: Nahat en Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau. 14En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die vrou van Esau—sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag. 15Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Élifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas, 16die stamhoof Korag, die stamhoof Gáetam, die stamhoof Ámalek. Dit is die stamhoofde van Élifas in die land Edom; dit is die seuns van Ada. 17En dit is die seuns van Réhuel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van Réhuel in die land Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau. 18En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau. 19Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom. 20Dit is die seuns van Seïr, die Horiet, die eerste inwoners van die land: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana 21en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seïr in die land Edom. 22En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en die suster van Lotan was Timna. 23En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Manáhat en Ebal, Sefo en Onam. 24En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het. 25En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholibáma was die dogter van Ana. 26En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran. 27Dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saäwan en Akan. 28Dit is die seuns van Disan: Us en Aran. 29Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana, 30die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Seïr. 31En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar ’n koning geregeer het oor die kinders van Israel: 32Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába. 33En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer. 34En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer. 35En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Midianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit. 36En ná die dood van Hadad het Samla van Másreka in sy plek geregeer. 37En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot, aan die rivier, in sy plek geregeer. 38En ná die dood van Saul het Baäl-Hanan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer. 39En ná die dood van Baäl-Hanan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab. 40Dit is die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle geslagte, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet, 41die stamhoof Oholibáma, die stamhoof Ela, die stamhoof Pinon, 42die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die stamhoof Mibsar, 43die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.
- Númeri 1:1-54
1VERDER het die HERE met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê: 2Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, almal wat manlik is, hoof vir hoof; 3van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek in Israel, dié moet julle tel volgens hulle leërafdelings, jy en Aäron. 4En met julle saam moet daar van elke stam ’n man wees, ’n man wat hoof is van sy families. 5En dit is die name van die manne wat julle moet bystaan: Vir Ruben: Elísur, die seun van Sedéür; 6vir Símeon: Selúmiël, die seun van Surísaddai; 7vir Juda: Nagson, die seun van Ammínadab; 8vir Íssaskar: Netáneël, die seun van Suar; 9vir Sébulon: Elíab, die seun van Helon; 10vir die kinders van Josef: vir Efraim: Elisáma, die seun van Ammíhud; vir Manasse: Gámliël, die seun van Pedásur; 11vir Benjamin: Abídan, die seun van Gideóni; 12vir Dan, Ahiëser, die seun van Ammísaddai; 13vir Aser: Págiël, die seun van Ogran; 14vir Gad: Éljasaf, die seun van Réhuel; 15vir Náftali: Ahíra, die seun van Enan. 16Dit was hulle wat uit die vergadering opgeroep was, die owerstes van hulle voorvaderlike stamme, die stamhoofde van Israel. 17Toe het Moses en Aäron dié manne geneem wat met hulle name aangewys was, 18en hulle het die hele vergadering op die eerste dag van die tweede maand bymekaar laat kom; en dié het hulle afkoms opgegee volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, hoof vir hoof, 19soos die HERE Moses beveel het. En hy het hulle getel in die woestyn Sinai. 20En die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel—hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek — 21hulle geteldes van die stam van Ruben was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd. 22Van die seuns van Símeon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, hoof vir hoof, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek — 23hulle geteldes van die stam van Símeon was negen-en-vyftigduisend-driehonderd. 24Van die seuns van Gad, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek — 25hulle geteldes van die stam van Gad was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig. 26Van die seuns van Juda, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek — 27hulle geteldes van die stam van Juda was vier-en-sewentigduisend-seshonderd. 28Van die seuns van Íssaskar, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek — 29hulle geteldes van die stam van Íssaskar was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd. 30Van die seuns van Sébulon, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek — 31hulle geteldes van die stam van Sébulon was sewen-en-vyftigduisend-vierhonderd. 32Van die seuns van Josef, van die seuns van Efraim, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek — 33hulle geteldes van die stam van Efraim was veertigduisend-vyfhonderd; 34van die seuns van Manasse, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek — 35hulle geteldes van die stam van Manasse was twee-en-dertigduisend-tweehonderd. 36Van die seuns van Benjamin, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek — 37hulle geteldes van die stam van Benjamin was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd. 38Van die seuns van Dan, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek — 39hulle geteldes van die stam van Dan was twee-en-sestigduisend-sewehonderd. 40Van die seuns van Aser, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek — 41hulle geteldes van die stam van Aser was een-en-veertigduisend-vyfhonderd. 42Van die seuns van Náftali, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek — 43hulle geteldes van die stam van Náftali was drie-en-vyftigduisend-vierhonderd. 44Dit is die geteldes wat Moses en Aäron en die owerstes van Israel getel het; twaalf man was dit, elkeen vir sy families. 45So was dan al die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel op kommando moet uittrek — 46al die geteldes dan was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig. 47Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie. 48Die HERE het naamlik met Moses gespreek en gesê: 49Net die stam van Levi moet jy nie tel nie en hulle volle getal onder die kinders van Israel nie opneem nie; 50maar stel jy die Leviete aan oor die tabernakel van die Getuienis en oor al sy gereedskap en oor alles wat daarby behoort. Húlle moet die tabernakel dra en alles wat daarby behoort, en húlle moet dit bedien en rondom die tabernakel laer opslaan. 51En as die tabernakel wegtrek, moet die Leviete dit afbreek; en as die tabernakel rus, moet die Leviete dit oprig; en die onbevoegde wat nader kom, moet gedood word. 52En die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen op sy laerplek en elkeen by sy vaandel, volgens hulle leërafdelings. 53Maar die Leviete moet laer opslaan rondom die tabernakel van die Getuienis, dat daar geen toorn oor die vergadering van die kinders van Israel kom nie. So moet dan die Leviete die diens van die tabernakel van die Getuienis waarneem. 54En die kinders van Israel het dit gedoen; net soos die HERE Moses beveel het, so het hulle gedoen.
- Númeri 26:1-65
1EN ná die plaag het die HERE met Moses en met Eleásar, die seun van die priester Aäron, gespreek en gesê: 2Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle families, almal wat op kommando moet uittrek in Israel. 3En Moses en die priester Eleásar het hulle toegespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê: 4Laat hulle opneem van twintig jaar oud en daarbo, soos die HERE Moses beveel het. En die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het, was: 5Ruben, die eersgeborene van Israel; die seuns van Ruben was: van Henog die geslag van die Henogiete; van Pallu die geslag van die Palluïete; 6van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Karmi die geslag van die Karmiete. 7Dit is die geslagte van die Rubeniete; en hulle geteldes was drie-en-veertigduisend-sewehonderd-en-dertig. 8En die seuns van Pallu was: Elíab; 9en die seuns van Elíab was: Némuel en Datan en Abíram. Dit is Datan en Abíram wat na die vergadering opgeroep was, wat getwis het teen Moses en Aäron in die bende van Korag toe daar teen die HERE getwis is. 10En die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind, saam met Korag, toe die bende gesterf het deurdat die vuur die tweehonderd-en-vyftig man verteer het; en hulle het tot ’n teken geword. 11Maar die seuns van Korag het nie gesterf nie. 12Die seuns van Símeon volgens hulle geslagte: van Némuel die geslag van die Nemueliete; van Jamin die geslag van die Jaminiete; van Jagin die geslag van die Jaginiete; 13van Serag die geslag van die Sargiete; van Saul die geslag van die Sauliete. 14Dit is die geslagte van die Simeoniete, twee-en-twintigduisend-tweehonderd. 15Die seuns van Gad volgens hulle geslagte: van Sefon die geslag van die Sefoniete; van Haggi die geslag van die Haggiete; van Suni die geslag van die Suniete; 16van Osni die geslag van die Osniete; van Eri die geslag van die Eriete; 17van Arod die geslag van die Arodiete; van Areëli die geslag van die Areëliete. 18Dit is die geslagte van die seuns van Gad volgens hulle geteldes, veertigduisend-vyfhonderd. 19Die seuns van Juda was: Er en Onan; maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän. 20En die seuns van Juda volgens hulle geslagte: van Sela die geslag van die Selaniete; van Peres die geslag van die Parsiete; van Serag die geslag van die Sargiete. 21En die seuns van Peres: van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Hamul die geslag van die Hamuliete. 22Dit is die geslagte van Juda volgens hulle geteldes, ses-en-sewentigduisend-vyfhonderd. 23Die seuns van Íssaskar volgens hulle geslagte: van Tola die geslag van die Tolaïete; van Puwa die geslag van die Puniete; 24van Jasub die geslag van die Jasubiete; van Simron die geslag van die Simroniete. 25Dit is die geslagte van Íssaskar volgens hulle geteldes, vier-en-sestigduisend-driehonderd. 26Die seuns van Sébulon volgens hulle geslagte: van Sered die geslag van die Sardiete; van Elon die geslag van die Eloniete; van Jágleël die geslag van die Jagleëliete. 27Dit is die geslagte van die Sebuloniete volgens hulle geteldes, sestigduisend-vyfhonderd. 28Die seuns van Josef volgens hulle geslagte was: Manasse en Efraim. 29Die seuns van Manasse: van Magir die geslag van die Magiriete. En Magir was die vader van Gílead; van Gílead die geslag van die Gileadiete. 30Dit is die seuns van Gílead: van Jeser die geslag van die Jesriete; van Helek die geslag van die Helkiete; 31en van Ásriël die geslag van die Asriëliete; en van Segem die geslag van die Sigmiete; 32en van Semída die geslag van die Semidaïete; en van Hefer die geslag van die Hefriete. 33Maar Selófhad, die seun van Hefer, het geen seuns gehad nie, maar net dogters. En die name van die dogters van Selófhad was: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa. 34Dit is die geslagte van Manasse; en hulle geteldes was twee-en-vyftigduisend-sewehonderd. 35Dit is die seuns van Efraim volgens hulle geslagte: van Sutélag die geslag van die Sutalgiete; van Beger die geslag van die Bagriete; van Tahan die geslag van die Tahaniete. 36En dit is die seuns van Sutélag: van Eran die geslag van die Eraniete. 37Dit is die geslagte van die seuns van Efraim volgens hulle geteldes, twee-en-dertigduisend-vyfhonderd. Dit is die seuns van Josef volgens hulle geslagte. 38Die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte: van Bela die geslag van die Baliete; van Asbel die geslag van die Asbeliete; van Ahíram die geslag van die Ahiramiete; 39van Sefúfam die geslag van die Sufamiete; van Hufam die geslag van die Hufamiete. 40En die seuns van Bela was: Ard en Naäman; van Ard die geslag van die Ardiete; van Naäman die geslag van die Naämiete. 41Dit is die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd. 42Dit is die seuns van Dan volgens hulle geslagte: van Suham die geslag van die Suhamiete. Dit is die geslagte van Dan volgens hulle geslagte. 43Al die geslagte van die Suhamiete volgens hulle geteldes was vier-en-sestigduisend-vierhonderd. 44Die seuns van Aser volgens hulle geslagte: van Jimna die geslag van die Jimnaïete; van Jiswi die geslag van die Jiswiete; van Bería die geslag van die Beriïete; 45van die seuns van Bería: van Heber die geslag van die Hebriete; van Málkiël die geslag van die Malkiëliete. 46En die naam van die dogter van Aser was Serag. 47Dit is die geslagte van die seuns van Aser volgens hulle geteldes, drie-en-vyftigduisend-vierhonderd. 48Die seuns van Náftali volgens hulle geslagte: van Jágseël die geslag van die Jagseëliete; van Guni die geslag van die Guniete; 49van Jeser die geslag van die Jisriete; van Sillem die geslag van die Sillemiete. 50Dit is die geslagte van Náftali volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-vierhonderd. 51Dit is die geteldes van die kinders van Israel: seshonderd-en-eenduisend-sewehonderd-en-dertig. 52En die HERE het met Moses gespreek en gesê: 53Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word volgens die getal name. 54Vir die wat baie is, moet jy hulle erfdeel groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elke stam moet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word. 55Nogtans moet die land deur die lot verdeel word; volgens die name van hulle voorvaderlike stamme moet hulle erwe. 56Volgens die lot moet hulle erfenis verdeel word tussen die wat baie en die wat min is. 57En dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merári die geslag van die Merariete. 58Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram. 59En die naam van Amram se vrou was Jogébed, die dogter van Levi wat vir Levi in Egipte gebore is; en vir Amram het sy gebaar: Aäron en Moses en Mirjam, hulle suster. 60En vir Aäron is gebore: Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar. 61En Nadab en Abíhu het gesterwe toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring het. 62En hulle geteldes was drie-en-twingtigduisend, almal wat manlik was van ’n maand oud en daarbo. Want hulle is nie getel onder die kinders van Israel nie, omdat aan hulle geen erfdeel onder die kinders van Israel gegee is nie. 63Dit is hulle wat deur Moses en die priester Eleásar getel is, wat die kinders van Israel in die vlaktes van Moab getel het, by die Jordaan van Jérigo. 64En onder hulle was daar niemand van die wat deur Moses en die priester Aäron getel is nie, toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het. 65Want die HERE het van hulle gesê: Sterwe sal hulle in die woestyn! En van hulle het niemand oorgebly nie buiten Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.
- Romeine 4:11-18
11En hy het die teken van die besnydenis ontvang as ’n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word; 12en ook ’n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was. 13Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof. 14Want as hulle wat uit die wet is, erfgename is, dan het die geloof waardeloos geword en die belofte tot niet geraak. 15Want die wet werk toorn; maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie. 16Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal — 17soos geskrywe is: Ek het jou ’n vader van baie nasies gemaak — voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. 18Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees.
- Galásiërs 3:28-29
28Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus. 29En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.