Kruisverwysings → Genesis 17:19

Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ’n ewige verbond vir sy nageslag ná hom.

vrou Sara

Genesis 17:21
Maar my verbond sal Ek oprig met Isak wat Sara vir jou anderjaar op hierdie tyd sal baar.
Genesis 18:10-14
En Hy sê: Ek sal oor ’n jaar sekerlik weer na jou toe kom—dan sal jou vrou Sara ’n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was. Maar Abraham en Sara was oud, ver op hulle dae; dit het met Sara nie meer volgens die reël van die vroue gegaan nie. En Sara het by haarself gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my heer oud is? Toe sê die HERE vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het? Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor ’n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal ’n seun hê.
Genesis 21:2-3,6
Sara het bevrug geword en vir Abraham in sy ouderdom ’n seun gebaar op die bepaalde tyd wat God genoem het. En Abraham het sy seun wat vir hom gebore is, wat Sara vir hom gebaar het, Isak genoem. ... En Sara het gesê: ’n Gelag het God my berei: elkeen wat dit hoor, sal oor my lag.
2 Konings 4:16-17
sê hy: Sulke tyd oor ’n jaar sal jy ’n seun omhels. En sy antwoord: Ag nee, my heer, man van God, moenie vir u dienares lieg nie! En die vrou het swanger geword en ’n seun gebaar op daardie tyd oor ’n jaar, soos Elísa met haar gespreek het.
Lukas 1:13-20
Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Johannes noem. En hy sal blydskap en verheuging vir jou wees, en baie sal oor sy geboorte bly wees; want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af. En hy sal baie van die kinders van Israel bekeer tot die Here hulle God. En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here ’n toegeruste volk te berei. Toe sê Sagaría vir die engel: Waaraan sal ek dit weet? Want ek is ’n ou man, en my vrou is op ver gevorderde leeftyd. En die engel antwoord en sê vir hom: Ek is Gabriël wat voor God staan, en ek is gestuur om met jou te spreek en jou hierdie goeie tyding te bring. En kyk, jy sal swyg en nie kan praat nie tot op die dag dat hierdie dinge gebeur, omdat jy my woorde wat op hulle tyd vervul sal word, nie geglo het nie.
Romeine 9:6-9
MAAR ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie. Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word. Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag. Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ’n seun hê.
Galásiërs 4:28-31
Maar ons, broeders, is soos Isak, kinders van die belofte; maar soos destyds hy wat na die vlees gebore is, hom wat na die Gees was, vervolg het, so is dit nou ook. Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie. Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.