Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, driehonderd-en-agttien, en hulle tot by Dan agtervolg—
As sy heer aan hom ’n vrou gee en sy vir hom seuns of dogters baar, moet die vrou met haar kinders haar heer se eiendom wees, terwyl hy alleen vrygelaat word.
Kom, laat ons hom aan die Ismaeliete verkoop, maar laat ons hand nie teen hom wees nie, want hy is ons broer, ons vlees. En sy broers het na hom geluister. ... En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Pótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.
EN Josef is afgebring na Egipte; en Pótifar, ’n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag, ’n Egiptiese man, het hom gekoop uit die hand van die Ismaeliete wat hom daarheen afgebring het.
As jy ’n Hebreeuse slaaf koop, moet hy ses jaar lank dien, maar in die sewende moet hy as vryman verniet weggaan. ... En hy wat ’n mens steel en hom verkoop—of as hy in sy besit gevind word—dié moet sekerlik gedood word.
En nou, ons vlees is soos die vlees van ons broers en ons kinders soos hulle kinders, en tog moet ons nou ons seuns en ons dogters tot slawe verneder, en van ons dogters is al verneder sonder dat ons daar iets aan kan doen, en ons lande en ons wingerde behoort aan ander. ... en aan hulle gesê: Óns het ons Joodse broers wat aan die heidene verkoop was, na ons vermoë losgekoop; en tog verkoop júlle jul broers, sodat hulle hul aan ons moet verkoop. En hulle het geswyg en geen antwoord gevind nie.