Kruisverwysings → Genesis 16:6

En Abram antwoord Sarai: Daar is jou slavin in jou hand—doen met haar soos dit goed is in jou oë. Toe het Sarai haar sleg behandel, en sy het van haar af weggevlug.

Abram antwoord

Genesis 13:8-9
Toe sê Abram vir Lot: Laat daar tog geen twis wees tussen my en jou, en tussen my wagters en jou wagters nie; ons is mos broers. Lê die hele land nie voor jou oop nie? Skei jou tog van my af; gaan jy links, dan sal ek regs gaan, en gaan jy regs, dan sal ek links gaan.
Spreuke 14:29
Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.
Spreuke 15:1,17-18
’N SAGTE antwoord keer die grimmigheid af, maar ’n krenkende woord laat die toorn opkom. ... Liewer ’n porsie groente waar liefde by is, as ’n vetgevoerde bees en haat daarby. ’n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.
1 Petrus 3:7
Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.

in jou hand

Genesis 24:10
En die dienaar het tien kamele van die kamele van sy heer geneem en weggegaan met allerhande kosbare goed van sy heer by hom: hy het klaargemaak en na Mesopotámië, na die stad van Nahor, getrek.
Job 2:6
En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.
Psalms 106:41-42
En Hy het hulle in die hand van die heidene gegee, en hulle haters het oor hulle geheers; en hulle vyande het hulle verdruk, sodat hulle onder hul hand moes buig.
Jeremia 38:5
En koning Sedekía het gesê: Kyk, hy is in julle mag, want die koning kan niks teen julle doen nie.

soos dit goed is

Spreuke 29:19
Met woorde laat ’n slaaf hom nie waarsku nie; want hy verstaan dit wel, maar hy steur hom daar nie aan nie.

weggevlug

Eksodus 2:15
En toe Farao van dié saak hoor, het hy probeer om Moses dood te maak. Maar Moses het van Farao af weggevlug en in die land Mídian gaan woon. En hy het by ’n put gesit.
Spreuke 27:8
Soos ’n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is ’n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.
Prediker 10:4
As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute.