Kruisverwysings → Genesis 16:12

En hý sal ’n wilde-esel van ’n mens wees: sy hand teen almal, en almal se hand teen hom! En hy sal teenoor al sy broers woon.

wilde-esel

Genesis 21:20
En God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en ’n boogskutter geword:
Job 11:12
So kan dan ’n domme verstand verkry en ’n jong wilde-esel as mens gebore word.
Job 39:8-11
Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak? Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek. Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie. Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.

sy hand teen almal

Genesis 27:40
En van jou swaard sal jy lewe, en jou broer sal jy dien. Maar as jy jou kragte inspan, sal jy sy juk van jou nek afruk.

teenoor al sy broers woon

Genesis 25:18
En hulle het gewoon van Háwila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.