Kruisverwysings → Genesis 16:11

Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal ’n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.

seun baar

Genesis 17:19
Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ’n ewige verbond vir sy nageslag ná hom.
Genesis 29:32-35
En Lea het bevrug geword en ’n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die HERE het my ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê. En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Gewis, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom Símeon genoem. En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Nou eindelik sal my man aan my geheg wees, omdat ek vir hom drie seuns gebaar het. Daarom het sy hom Levi genoem. En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Dié keer sal ek die HERE loof. Daarom het sy hom Juda genoem. En sy het opgehou met baar.
Jesaja 7:14
Daarom sal die Here self aan julle ’n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en hom Immánuel noem.
Mattheüs 1:21-23
en sy sal ’n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
Lukas 1:13,31,63
Maar die engel sê vir hom: Moenie vrees nie, Sagaría, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou ’n seun baar, en jy moet hom Johannes noem. ... En kyk, jy sal swanger word en ’n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. ... Hy vra toe ’n skryfbordjie en skryf: Johannes is sy naam. En almal was verwonderd.

want die HERE

Genesis 41:51-52
En Josef het die eersgeborene Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader. En die tweede het hy Efraim genoem; want, het hy gesê, God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende.
1 Samuel 1:20
En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, ’n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die HERE gebid.

ellende verhoor

Genesis 29:32-33
En Lea het bevrug geword en ’n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die HERE het my ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê. En sy het weer bevrug geword en ’n seun gebaar en gesê: Gewis, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom Símeon genoem.
Eksodus 2:23-24
En in daardie lang tyd het die koning van Egipte gesterwe. En die kinders van Israel het gesug en geweeklaag vanweë die slawerny. En hulle geroep om hulp oor hulle slawerny het opgeklim tot God. En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob.
Eksodus 3:7
En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.
Job 39:3
Wie berei vir die kraai sy spys as sy kleintjies roep tot God, ronddwaal by gebrek aan voedsel?
Psalms 22:25
Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.