En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ’n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.
As sy offer ’n brandoffer is van beeste, moet dit ’n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind. ... En as sy offer ’n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit ’n ram sonder gebrek wees wat hy bring. ... En as sy offer aan die HERE ’n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van jong duiwe.
EN as ’n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring. ... En as sy offer ’n stuk kleinvee is, as ’n dankoffer aan die HERE, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.
en aan Aäron gesê: Neem vir jou ’n bulkalf as sondoffer en ’n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek; en bring hulle voor die aangesig van die HERE. ... ook ’n bul en ’n ram as dankoffer om voor die aangesig van die HERE te offer; en spysoffer met olie gemeng; want vandag verskyn die HERE aan julle.
Maar as sy ’n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.
ook twee tortelduiwe of twee jong duiwe—wat hy kan bekostig; en die een sal wees ’n sondoffer en die ander ’n brandoffer. ... Dan moet hy een van die tortelduiwe berei of van die jong duiwe wat hy kan bekostig —
My hart skreeu oor Moab, sy vlugtelinge kom tot by Soar, Eglat-Selisia. Want die hoogte van Luhit beklim hulle met geween; ja, op pad na Horonáim laat hulle ’n geskreeu van verwoesting weerklink;