Neem vir My ’n driejaaroud vers
- Genesis 22:13
13En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ’n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.
- Levitikus 1:3,10,14
3As sy offer ’n brandoffer is van beeste, moet dit ’n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind. … 10En as sy offer ’n stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, moet dit ’n ram sonder gebrek wees wat hy bring. … 14En as sy offer aan die HERE ’n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van jong duiwe.
- Levitikus 3:1,6
1EN as ’n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring. … 6En as sy offer ’n stuk kleinvee is, as ’n dankoffer aan die HERE, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.
- Levitikus 9:2,4
2en aan Aäron gesê: Neem vir jou ’n bulkalf as sondoffer en ’n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek; en bring hulle voor die aangesig van die HERE. … 4ook ’n bul en ’n ram as dankoffer om voor die aangesig van die HERE te offer; en spysoffer met olie gemeng; want vandag verskyn die HERE aan julle.
- Levitikus 12:8
8Maar as sy ’n lam nie kan bekostig nie, moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.
- Levitikus 14:22,30
22ook twee tortelduiwe of twee jong duiwe—wat hy kan bekostig; en die een sal wees ’n sondoffer en die ander ’n brandoffer. … 30Dan moet hy een van die tortelduiwe berei of van die jong duiwe wat hy kan bekostig —
- Psalms 50:5
5Versamel my gunsgenote vir My, hulle wat my verbond by die offer sluit!
- Jesaja 15:5
5My hart skreeu oor Moab, sy vlugtelinge kom tot by Soar, Eglat-Selisia. Want die hoogte van Luhit beklim hulle met geween; ja, op pad na Horonáim laat hulle ’n geskreeu van verwoesting weerklink;
- Lukas 2:24
24en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: ’n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.