CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 15:3

Verder het Abram gesê: Aan my het U geen nageslag gegee nie; so sal dan die bediende van my huis my erfgenaam wees.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 15:3 in konteks →

geen nageslag

  1. Genesis 12:2

    2En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees.

  2. Genesis 13:16

    16En Ek sal jou nageslag maak soos die stof van die aarde, sodat as iemand die stof van die aarde kan tel, jou nageslag ook getel kan word.

  3. Spreuke 13:12

    12’n Uitgestelde hoop maak die hart siek; maar ’n wens wat uitkom, is ’n lewensboom.

  4. Jeremia 12:1

    1REGVERDIG is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe?

  5. Hebreërs 10:35-36

    35Werp dan julle vrymoedigheid, wat ’n groot beloning het, nie weg nie. 36Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.

bediende van my huis

  1. Genesis 14:14

    14Toe Abram hoor dat sy broer as gevangene weggevoer is, het hy sy geoefende manne wat in sy huis gebore is, laat uittrek, driehonderd-en-agttien, en hulle tot by Dan agtervolg—

  2. Spreuke 29:21

    21As ’n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.

  3. Spreuke 30:23

    23onder ’n nie-geliefde as sy tog ’n man kry, en ’n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.

  4. Prediker 2:7

    7Ek het slawe en slavinne gekoop en ook dié verkry wat in my huis gebore is; ek het ook ’n groot besitting van beeste en kleinvee gehad, meer as almal wat voor my in Jerusalem gewees het.