Kruisverwysings → Genesis 15:12

En toe die son wou ondergaan, val daar ’n diepe slaap op Abram, en kyk, skrik en groot duisternis het hom oorval.

diepe slaap

Genesis 2:21
Toe het die HERE God ’n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.
1 Samuel 26:12
Toe neem Dawid die spies en die waterkruik van Saul se koppenent weg, en hulle het heengegaan sonder dat iemand dit sien of merk of wakker word; want hulle was almal aan die slaap, omdat ’n diepe slaap van die HERE op hulle geval het.
Job 4:13-14
by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val. Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.
Job 33:15
In die droom, in ’n naggesig, as diepe slaap op die mense val, tydens sluimeringe op die bed,
Daniël 10:8-9
Toe het ék alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie. En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek bewusteloos op my aangesig, met my aangesig op die aarde, geval.
Handelinge 20:9
En ’n sekere jongman met die naam van Eútichus het in die venster gesit en weggesink in ’n diepe slaap; en toe Paulus nog lank gespreek het, is hy oorweldig deur die slaap en het van die derde verdieping afgeval en is dood opgetel.

skrik en groot duisternis

Psalms 4:4-6
Weet tog dat die HERE vir Hom ’n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep. Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela. Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.
Handelinge 9:8-9
Toe staan Saulus van die grond af op, en alhoewel sy oë oop was, het hy niemand gesien nie; en hulle het hom aan die hand gelei en in Damaskus ingebring. En drie dae lank het hy niks gesien nie, en niks geëet of gedrink nie.