Kruisverwysings → Genesis 14:6

en die Horiete op hulle gebergte Seïr, tot by El-Paran wat aan die woestyn lê.

Horiete

Genesis 36:8,20-30
En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom. ... Dit is die seuns van Seïr, die Horiet, die eerste inwoners van die land: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seïr in die land Edom. En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en die suster van Lotan was Timna. En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Manáhat en Ebal, Sefo en Onam. En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het. En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholibáma was die dogter van Ana. En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran. Dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saäwan en Akan. Dit is die seuns van Disan: Us en Aran. Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana, die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Seïr.
Deuteronómium 2:12,22
Ook het die Horiete tevore in Seïr gewoon; maar die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon, net soos Israel gedoen het met die land van sy besitting wat die HERE aan hulle gegee het. ... soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Seïr woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe.
1 Kronieke 1:38-42
En die seuns van Seïr was: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana en Dison en Eser en Disan. En die seuns van Lotan was Hori en Homam; en die suster van Lotan was Timna. Die seuns van Sobal was: Aljan en Manáhat en Ebal, Sefi en Onam; en die seuns van Síbeon was Aja en Ana. Die seuns van Ana was: Dison; en die seuns van Dison was: Hamran en Esban en Jitran en Keran. Die seuns van Eser was: Bilhan en Sáäwan en Jáäkan. Die seuns van Disan was Us en Aran.

El-Paran

Genesis 16:7
En die Engel van die HERE het haar by ’n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur,
Genesis 21:21
hy het in die woestyn Paran gewoon; en sy moeder het vir hom ’n vrou uit Egipteland geneem.
Númeri 12:16
Maar daarna het die volk van Háserot af weggetrek en in die woestyn Paran laer opgeslaan.
Númeri 13:3
En Moses het hulle uitgestuur uit die woestyn Paran, volgens die bevel van die HERE—hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel.
Habakuk 3:3
God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof.