Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan die Refaïete in Ásterot-Karnaim en die Susiete in Ham en die Emiete in die vlakte van Kirjatáim
Want Og, die koning van Basan, het net alleen oorgebly van die Refaïete. Is sy ledekant, ’n ysterledekant, nie daar in Rabba van die kinders van Ammon nie? Nege el is sy lengte en vier el sy breedte, gewone elle. ... totdat die HERE aan julle broers soos aan julle rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle oorkant die Jordaan sal gee; dan kan julle teruggaan elkeen na sy besitting wat ek aan julle gegee het. ... Julle moet vir hulle nie bang wees nie, want dit is die HERE julle God wat vir julle stry.
En drie van die dertig hoofde het afgetrek en teen die oestyd by Dawid by die spelonk van Adúllam aangekom, terwyl ’n hoop Filistyne in die laer staan in die dal Refáim.
En drie van die dertig hoofde het afgetrek na die rots, na Dawid, na die spelonk van Adúllam terwyl die laer van die Filistyne in die dal Refáim gestaan het.
En dit sal wees soos wanneer die maaier die ongesnyde graan bymekaarvat en sy arm die are afmaai; ja, dit sal wees soos wanneer iemand are optel in die dal Refaim.
die hele koninkryk van Og in Basan, wat koning was in Ástarot en in Edréï (hy het oorgebly uit die laastes van die Refaïete; en Moses het hulle verslaan en verdrywe). ... en die halwe Gílead en Ástarot en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van Manasse—aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.
Dit word ook as ’n land van Refaïete beskou; Refaïete het tevore daarin gewoon, en die Ammoniete het hulle Samsummiete genoem — ’n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete—maar die HERE het dié voor hulle uit verdelg, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het; soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Seïr woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe. Ook het die Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was, die Awiete wat in dorpe tot by Gasa gewoon het, verdelg en in hulle plek gaan woon.
Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam. ... Dié het onder hulle sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die land van Gam.
Die Emiete het tevore daarin gewoon, ’n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete. Hulle word ook vir Refaïete gehou, soos die Enakiete; maar die Moabiete het hulle Emiete genoem.
OOR Moab. So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Wee oor Nebo, want dit is verwoes; Kirjatáim staan beskaamd, dit is ingeneem; die rotsvesting is beskaamd en verskrik. ... en oor Kirjatáim en oor Bet-Gamul en oor Bet-Meon,