CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 14:5

Toe kom Kedor-Laómer in die veertiende jaar, en die konings wat saam met hom was, en hulle verslaan die Refaïete in Ásterot-Karnaim en die Susiete in Ham en die Emiete in die vlakte van Kirjatáim

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 14:5 in konteks →

Refaïete

  1. Genesis 15:20

    20en Hetiete en Feresiete en Refaïete

  2. Deuteronómium 3:11,20,22

    11Want Og, die koning van Basan, het net alleen oorgebly van die Refaïete. Is sy ledekant, ’n ysterledekant, nie daar in Rabba van die kinders van Ammon nie? Nege el is sy lengte en vier el sy breedte, gewone elle. … 20totdat die HERE aan julle broers soos aan julle rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle oorkant die Jordaan sal gee; dan kan julle teruggaan elkeen na sy besitting wat ek aan julle gegee het. … 22Julle moet vir hulle nie bang wees nie, want dit is die HERE julle God wat vir julle stry.

  3. 2 Samuel 5:18,22

    18En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim. … 22Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en hulle in die dal Refáim versprei.

  4. 2 Samuel 23:13

    13En drie van die dertig hoofde het afgetrek en teen die oestyd by Dawid by die spelonk van Adúllam aangekom, terwyl ’n hoop Filistyne in die laer staan in die dal Refáim.

  5. 1 Kronieke 11:15

    15En drie van die dertig hoofde het afgetrek na die rots, na Dawid, na die spelonk van Adúllam terwyl die laer van die Filistyne in die dal Refáim gestaan het.

  6. 1 Kronieke 14:9

    9En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.

  7. Jesaja 17:5

    5En dit sal wees soos wanneer die maaier die ongesnyde graan bymekaarvat en sy arm die are afmaai; ja, dit sal wees soos wanneer iemand are optel in die dal Refaim.

Ásterot-Karnaim

  1. Deuteronómium 1:4

    4nadat hy Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het, en Og, die koning van Basan, wat in Ástarot gewoon het, in Edréï verslaan het.

  2. Josua 12:4

    4en die grondgebied van Og, die koning van Basan, uit ’n oorblyfsel van die Refaïete, wat in Ástarot en Edréï gewoon het,

  3. Josua 13:12,31

    12die hele koninkryk van Og in Basan, wat koning was in Ástarot en in Edréï (hy het oorgebly uit die laastes van die Refaïete; en Moses het hulle verslaan en verdrywe). … 31en die halwe Gílead en Ástarot en Edréï, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van Manasse—aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.

Susiete

  1. Deuteronómium 2:20-23

    20Dit word ook as ’n land van Refaïete beskou; Refaïete het tevore daarin gewoon, en die Ammoniete het hulle Samsummiete genoem — 21’n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete—maar die HERE het dié voor hulle uit verdelg, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het; 22soos Hy in die geval van die kinders van Esau gedoen het wat in Seïr woon, voor wie Hy die Horiete verdelg het, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het tot vandag toe. 23Ook het die Kaftoriete wat uit Kaftor afkomstig was, die Awiete wat in dorpe tot by Gasa gewoon het, verdelg en in hulle plek gaan woon.

  2. 1 Kronieke 4:40

    40En hulle het geil en goeie weiveld gevind, en die land was na alkante toe wyd en stil en rustig, want mense van Gam het daar tevore gewoon;

  3. Psalms 78:51

    51En Hy het al die eersgeborenes in Egipte getref, die eerstelinge van hul krag in die tente van Gam.

  4. Psalms 105:23,27

    23Toe het Israel na Egipte gekom, en Jakob het as vreemdeling vertoef in die land van Gam. … 27Dié het onder hulle sy aangekondigde tekens gedoen en wonders in die land van Gam.

  5. Psalms 106:22

    22wonders in die land van Gam, vreeslike dinge by die Skelfsee.

Emiete

  1. Deuteronómium 2:10-11

    10Die Emiete het tevore daarin gewoon, ’n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete. 11Hulle word ook vir Refaïete gehou, soos die Enakiete; maar die Moabiete het hulle Emiete genoem.

Kirjatáim

  1. Josua 13:19

    19en Kirjatáim en Sibma en Seret-Hassáhar, op die gebergte van die dal,

  2. Jeremia 48:1,23

    1OOR Moab. So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Wee oor Nebo, want dit is verwoes; Kirjatáim staan beskaamd, dit is ingeneem; die rotsvesting is beskaamd en verskrik. … 23en oor Kirjatáim en oor Bet-Gamul en oor Bet-Meon,