Kruisverwysings → Genesis 14:3

Hulle het almal hulle leërs verenig in die laagte Siddim, dit is die Soutsee.

Soutsee

Genesis 19:24
En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel,
Númeri 34:12
Verder moet die grens afloop na die Jordaan totdat dit doodloop by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.
Deuteronómium 3:17
Daarby die Vlakte en die Jordaan, saam met sy grondgebied, van Kinnéret af tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, onder aan die hange van Pisga teen die ooste.
Josua 3:16
bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo.
Psalms 107:34
vrugbare land ’n brak aarde, oor die boosheid van die wat daarin woon.