Kruisverwysings → Genesis 14:24

Niks vir my nie! Net wat die dienaars geëet het en die deel van die manne wat saam met my getrek het, Aner, Eskol en Mamre, laat dié hulle deel neem.

wat die dienaars geëet het

Spreuke 3:27
Hou ’n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.
Mattheüs 7:12
Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
Romeine 13:7-8
Betaal dan aan almal wat aan hulle verskuldig is: belasting aan die wat belasting, tol aan die wat tol, vrees aan die wat vrees, eer aan die wat eer toekom. WEES aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ’n ander liefhet, het die wet vervul.

hulle deel neem

1 Korinthiërs 9:14-15
So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe. MAAR ék het van geeneen van hierdie dinge gebruik gemaak nie. En ek skryf dít nie met die bedoeling dat dit so met my moet wees nie, want dit sou vir my beter wees om te sterwe as dat iemand my roem sou verydel.
1 Timótheüs 5:18
Want die Skrif sê: Jy mag ’n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.