Kruisverwysings → Genesis 14:23

dat ek geen draad en geen skoenriem, ja, dat ek niks sal neem van alles wat uwe is nie, sodat u nie kan sê nie: Ek het Abram ryk gemaak.

niks sal neem

1 Konings 13:8
Maar die man van God sê vir die koning: Al gee u my die helfte van u huis, ek kan nie met u saamgaan nie, en ek kan geen brood eet of water drink in hierdie plek nie.
2 Konings 5:16,20
Maar hy sê: So waar as die HERE leef voor wie se aangesig ek staan, ek sal dit nie aanneem nie! En hy het by hom aangehou om dit aan te neem, maar hy het geweier. ... sê Gehási, die dienaar van Elísa, die man van God: Kyk, my heer het hierdie Arameër Naäman verskoon deur nie uit sy hand aan te neem wat hy gebring het nie. So waar as die HERE leef, sekerlik sal ek agter hom aan loop en iets van hom aanneem.
Ester 9:15-16
En die Jode wat in Susan was, het ook op die veertiende dag van die maand Adar saamgekom; en hulle het in Susan driehonderd man gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie. En die ander Jode wat in die provinsies van die koning was, het saamgekom en hulle lewe verdedig en gerus van hul vyande; en hulle het onder hul haters vyf-en-sewentigduisend omgebring, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.
2 Korinthiërs 11:9-11
Want in my gebrek het die broeders voorsien wat van Macedónië gekom het. En ek het my in alles in ag geneem om julle nie te beswaar nie, en ek sal my in ag neem. So seker as die waarheid van Christus in my is, sal hierdie roem in die streke van Acháje my nie ontneem word nie. Waarom? Omdat ek julle nie liefhet nie? God weet dit.
2 Korinthiërs 12:14
Kyk, vir die derde keer is ek gereed om na julle te kom; en ek sal julle nie lastig val nie, want ek soek nie julle goed nie, maar julle self; want dit is nie die kinders wat vir die ouers moet opgaar nie, maar die ouers vir die kinders.

sodat u nie kan sê nie

2 Korinthiërs 11:12
Maar wat ek doen, sal ek nog doen om die aanleiding af te sny vir die wat ’n aanleiding wil hê, sodat hulle in die saak waar hulle op roem, net soos ons bevind mag word.
Hebreërs 13:5
Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.