Kruisverwysings → Genesis 14:18

En Melgisédek, die koning van Salem, wat ’n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring

koning van Salem

Psalms 76:3
Ook het in Salem sy tent verrys en in Sion sy woning.
Hebreërs 7:1-2
WANT hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het; aan wie Abraham ook ’n tiende deel van alles gegee het — hy was in die eerste plek, volgens uitleg, koning van die geregtigheid en dan ook koning van Salem, dit is koning van vrede;

brood en wyn

Mattheüs 26:26-29
En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader.
Galásiërs 6:10
Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.

priester

Psalms 110:4
Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
Hebreërs 5:6,10
Soos Hy ook op ’n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. ... en is deur God genoem ’n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;
Hebreërs 6:20
waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ’n hoëpriester geword het vir ewig.
Hebreërs 7:1,3,10-22
WANT hierdie Melgisédek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste, wat vir Abraham tegemoetgegaan het by sy terugkeer toe hy die konings verslaan het, en hom geseën het; ... sonder vader, sonder moeder, sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur. ... want hy was nog in die lendene van sy vader toe Melgisédek hom tegemoetgegaan het. As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was — want met die oog daarop het die volk die wet ontvang — waarom was dit nog nodig dat ’n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie? Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; omdat Hy met die oog op wie hierdie dinge gesê word, aan ’n ander stam behoort het waaruit niemand die altaar bedien het nie. Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie. En nog baie duideliker is dit as daar ’n ander priester opstaan na die ewebeeld van Melgisédek, een wat dit geword het nie kragtens die wet van ’n vleeslike gebod nie, maar uit die krag van die onvernietigbare lewe. Want Hy getuig: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. Want aan die een kant is daar die opheffing van die voorafgaande gebod weens die swakheid en nutteloosheid daarvan, omdat die wet niks volkome gemaak het nie; maar aan die ander kant is daar die invoering van ’n beter hoop waardeur ons tot God nader. En vir sover dit nie sonder eedswering was nie — want húlle het sonder eedswering priesters geword, maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek — in sover het Jesus van ’n beter verbond borg geword.

Allerhoogste

Rut 3:10
En hy sê: Geseënd is jy deur die HERE, my dogter! Jy het jou laaste liefde beter gemaak as die eerste, omdat jy nie agter jongmanne, arm of ryk, aan geloop het nie.
2 Samuel 2:5
stuur Dawid boodskappers na die manne van Jabes in Gílead om aan hulle te sê: Mag julle geseënd wees deur die HERE, dat julle hierdie guns bewys het aan julle heer, aan Saul, en hom begrawe het.
Psalms 7:18
Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.
Psalms 50:14
Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste;
Psalms 57:3
Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig.
Miga 6:6
Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?
Handelinge 7:48
Maar die Allerhoogste woon nie in tempels wat met hande gemaak is nie, soos die profeet sê:
Handelinge 16:17
Sy het Paulus en ons gevolg en geskreeu en gesê: Hierdie manne is dienaars van God, die Allerhoogste, en hulle verkondig aan julle die weg van verlossing.