Kruisverwysings → Genesis 13:5

En Lot, wat saam met Abram getrek het, het ook kleinvee en beeste en tente gehad.

tente

Genesis 4:20
En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere.
Genesis 25:27
En die seuns het opgegroei: Esau het ’n ervare jagter geword, ’n man van die veld; maar Jakob was ’n vredeliewende man wat in tente gewoon het.
Jeremia 49:29
Hulle sal hulle tente en kleinvee wegvoer, hulle tentdoeke en al hulle huisraad en hulle kamele meeneem, en oor hulle uitroep: Skrik rondom!