plek van die altaar
- Genesis 13:18
18Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE ’n altaar gebou.
- Genesis 12:7-8
7Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar ’n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het. 8En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste- en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE ’n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.
- Genesis 35:1-3
1DAARNA het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op na Bet-el en woon daar; en bou daar ’n altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op die vlug was vir jou broer Esau. 2Toe sê Jakob aan sy huisgesin en aan almal wat by hom was: Verwyder die vreemde gode wat onder julle is, en reinig julle en trek ander klere aan; 3en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar ’n altaar bou vir die God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het.
- Psalms 26:8
8HERE, ek het lief die woning van u huis en die woonplek van u heerlikheid.
- Psalms 42:1-3
1VIR die musiekleier. ’n Onderwysing van die kinders van Korag. 2Soos ’n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, o God! 3My siel dors na God, na die lewende God; wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God verskyn?
- Psalms 84:1-3,11
1VIR die musiekleier; op die Gittiet. Van die kinders van Korag. ’n Psalm. 2Hoe lieflik is u woninge, o HERE van die leërskare! 3My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God. … 11Want ’n dag in u voorhowe is beter as duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.
Naam van die HERE aangeroep
- Genesis 4:26
26En ook vir Set is ’n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.
- Psalms 65:1-3
1VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid. ’n Lied. 2Aan U kom ’n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word. 3o Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!
- Psalms 107:1,8,15
1LOOF die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! … 8Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders; … 15Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
- Psalms 116:2,17
2want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep. … 17Ek sal U ’n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep.
- Psalms 145:18
18Kof. Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.
- Jesaja 58:9
9Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord,
- Jeremia 29:12
12Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.
- Sefanja 3:9
9Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ’n eenparige skouer sal dien.
- 1 Korinthiërs 1:2
2aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiligdes, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:
- Efésiërs 6:18-19
18terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges 19en vir my, sodat ’n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak,