En die HERE het my heer baie geseën, sodat hy groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee.
Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën. En die man het groot geword en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was:
Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, soos dit vandag is.
Daarby was sy besitting seweduisend stuks kleinvee en drieduisend kamele en vyfhonderd paar beeste en vyfhonderd eselinne en ’n groot menigte slawe, sodat dié man ryker was as al die kinders van die Ooste. ... Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie? Die werk van sy hande het U geseën, en sy vee het sterk vermeerder in die land.
SLUIT tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom. Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart. As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent. En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir. Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.
HALLELUJA!Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat ’n groot welbehae in sy gebooie het. Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseën word. He. Oorvloed en rykdom is in sy huis; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.
Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het.