Kruisverwysings → Genesis 13:18

Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE ’n altaar gebou.

Mamre

Genesis 14:13
Toe kom daar een wat vrygeraak het, en vertel dit aan Abram, die Hebreër, wat woonagtig was by die terpentynbome van Mamre, die Amoriet, broer van Eskol en broer van Aner; en hulle was bondgenote van Abram.
Genesis 18:1
DAARNA het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre tewyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.

Hebron

Genesis 23:2
En Sara het gesterwe in Kirjat-Arba, dit is Hebron, in die land Kanaän; en Abraham het gekom om oor Sara te rouklaag en haar te beween.
Genesis 35:27
En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak.
Genesis 37:14
Toe sê hy vir hom: Gaan tog verneem na die welstand van jou broers en die welstand van die vee, en bring vir my berig terug. So het hy hom dan uit die dal van Hebron weggestuur, en hy het by Sigem aangekom.
Númeri 13:22
hulle het in die Suidland opgetrek en tot by Hebron gekom; en daar was Ahíman, Sesai en Talmai, die kinders van die Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou.
Josua 14:13
Toe het Josua hom geseën en aan Kaleb, die seun van Jefúnne, Hebron as erfdeel gegee.

altaar

Genesis 13:4
na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep.
Genesis 8:20
En Noag het vir die HERE ’n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
Genesis 12:7-8
Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar ’n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het. En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste- en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE ’n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.
Psalms 16:8
Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.
1 Timótheüs 2:8
Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.