Kruisverwysings → Genesis 13:12

Abram het bly woon in die land Kanaän, en Lot het gaan woon in die stede van die Jordaanstreek en sy tente tot by Sodom opgeslaan.

Lot het gaan woon

Genesis 19:29
En onderwyl God die stede van die Jordaanstreek verwoes, het God aan Abraham gedink en Lot uitgelei uit die omkering toe Hy die stede omgekeer het waar Lot woonagtig was.

tente tot by Sodom opgeslaan

Genesis 14:12
Hulle het ook Lot, Abram se broerskind, en al sy goed geneem en weggetrek—want hy was in Sodom woonagtig.
Genesis 19:1
EN die twee engele het in die aand in Sodom aangekom, terwyl Lot in die poort van Sodom sit; en toe Lot hulle sien, het hy opgestaan om hulle tegemoet te gaan en hom gebuig met die aangesig na die aarde toe
Psalms 26:5
Ek haat die vergadering van kwaaddoeners, en by die goddelose sit ek nie.
1 Korinthiërs 15:33
Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.
2 Petrus 2:7-8
en die regverdige Lot gered het, wat hom baie gekwel het oor die losbandige lewe van die sedelose mense; want deur wat hy gesien en gehoor het, het dié regverdige man, wat onder hulle gewoon het, dag vir dag sy regverdige siel gepynig hulle wettelose werke —