Kruisverwysings → Genesis 12:8

En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste- en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE ’n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.

Bet-el

Genesis 28:19
En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus.
Genesis 35:3,15-16
en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar ’n altaar bou vir die God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het. ... En Jakob het die plek waar God met hom gespreek het, Bet-el genoem. Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog ’n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling.
Josua 8:17
sodat niemand in Ai en Bet-el oorgebly het wat nie agter Israel aan uitgetrek het nie; en hulle het die stad oop laat staan en Israel agternagejaag.
Josua 18:22
en Bet-Áraba en Semaráim en Bet-el,
Nehemia 11:31
En die kinders van Benjamin: van Geba af in Migmas en Aja en Bet-el en sy onderhorige plekke,

Ai

Josua 7:2
Daarop het Josua manne van Jérigo af gestuur na Ai wat by Bet-Awen lê, oostelik van Bet-el, en hy het met hulle gespreek en gesê: Trek op en verken die land; en die manne het opgetrek en Ai verken.
Josua 8:3
Toe het Josua hom gereedgemaak met al die weerbare manskappe om op te trek na Ai, en Josua het dertig-duisend man, dapper helde, uitgesoek en hulle in die nag uitgestuur
Nehemia 11:31
En die kinders van Benjamin: van Geba af in Migmas en Aja en Bet-el en sy onderhorige plekke,
Jesaja 10:28
Hy oorval Ajat; hy trek deur Migron; in Migmas laat hy sy pakgoed agterbly.

Naam van die HERE aangeroep

Genesis 4:26
En ook vir Set is ’n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.
Genesis 13:4
na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep.
Genesis 21:33
En hy het ’n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep.
Psalms 116:4
Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel.
Joël 2:32
En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE sal roep.
Handelinge 2:21
En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Romeine 10:12-14
Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
1 Korinthiërs 1:2
aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiligdes, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here: