Kruisverwysings → Genesis 12:17

Maar die HERE het Farao en sy huis met groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram.

met groot plae besoek

Genesis 20:18
Want die HERE het elke moederskoot van die huis van Abiméleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham.
1 Kronieke 16:21
het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:
1 Kronieke 21:22
Daarop sê Dawid vir Ornan: Gee aan my die plek van die dorsvloer, dat ek daarop vir die HERE ’n altaar kan bou; gee dit aan my vir die volle geld, sodat die plaag van die volk afgewend kan word.
Job 34:19
Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.
Psalms 105:14-15
het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.
Hebreërs 13:4
Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.