CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 12:17

Maar die HERE het Farao en sy huis met groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 12:17 in konteks →

met groot plae besoek

  1. Genesis 20:18

    18Want die HERE het elke moederskoot van die huis van Abiméleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham.

  2. 1 Kronieke 16:21

    21het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê:

  3. 1 Kronieke 21:22

    22Daarop sê Dawid vir Ornan: Gee aan my die plek van die dorsvloer, dat ek daarop vir die HERE ’n altaar kan bou; gee dit aan my vir die volle geld, sodat die plaag van die volk afgewend kan word.

  4. Job 34:19

    19Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.

  5. Psalms 105:14-15

    14het Hy geen mens toegelaat om hulle te verdruk nie; ook het Hy konings om hulle ontwil gestraf en gesê: 15Raak my gesalfdes nie aan en doen my profete geen kwaad nie.

  6. Hebreërs 13:4

    4Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.